Universidad de La Laguna

Logo
Universiteit se hoofkantoor

Die Universidad de La Laguna (Universiteit van La Laguna; algemeen na verwys as ULL) is ’n multikampus en openbare navorsingsuniversiteit in San Cristóbal de La Laguna (Tenerife, Spanje). Dit is in 1927 gestig en is die eerste universiteit wat in die Kanariese Eilande opgerig is.

Tans is meer as 23 000 studente ingeskryf, en is die universiteit in ses kampusse verdeel: Sentraal, Anchieta, Guajara, Ofra, Santa Cruz en Suidkampus in Adeje.

In 2015 het die Universiteit van La Laguna vir 'n plasing as een van die top 500 universiteite ter wêreld ingeskryf via die Instituut van Onderwys van Sjanghai (China). Dit is die enigste manier vir dié twee openbare universiteite in die Kanariese Eilande om so ’n eer toe te val.[1] Die Universiteit van Leiden (Nederland) se Sentrum vir Wetenskap en Tegnologie het die Leiden-posisie aan die Universiteit van La Laguna toegeken as die eerste Spaanse universiteit waarmee die Universiteit van Leiden wetenskaplike bande gesmee het.[2] In 2016 is die Universiteit van La Laguna as die tweede beste Spaanse universiteit met betrekking tot die Geesteswetenskappe aangewys, aldus ’n opname deur die Everis Foundation.[3]

  1. Las 15 universidades españolas que están entre las mejores 500 del mundo
  2. Un ranking sitúa a la ULL como la primera universidad española en colaboración científica
  3. La Universidad de La Laguna, segunda mejor universidad española en Humanidades

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search